Agter die vals Tracy Zille op Twitter

DIT WAS NIE ZILLE, DIT WAS HULLE

Agter die vals Tracy Zille op Twitter

Die onlangse geval van die vals Tracy Zille-rekening wat aan ’n EFF-amptenaar verbind is, wys hoe verkeerde inligting op sosiale media gebruik kan word hoofsaaklik om geld te maak, maar ook om doelbewus rassekonflik en haat aan te vuur, skryf CHRIS ROPER.

EEN van die lekker dinge van my daaglikse werk is om forensies gedetailleerde ondersoeke na vals inligting deur ’n vennoot-organisasie, die Digital Forensic Research Lab (DFRLab), te lees. Omdat hierdie span behoorlike ondersoeke doen wat op bewyse gegrond moet wees, met feite wat deeglik gekontroleer en wetlik uitgeklaar is, is dit geneig om taamlik omvattend en lank te wees.

Een wat pas gepubliseer is (gaan kyk maar op DFRLab se Medium-bladsy), onthul die skandelike optrede van ene Anthony Matumba, ’n staatsamptenaar in diens van die Makhado- plaaslike munisipaliteit in Limpopo en toevallig ook ’n lid van die EFF.

Matumba, wat hom as ’n rassistiese wit vrou op Twitter voorgedoen het, het verskriklike en opruiende boodskappe geplaas. Wel, verskriklik volgens beskaafde standaarde – sommige mense sal sê dis eintlik wat jy op Twitter kan verwag. Matumba het Tracy Zille as sy vals naam vir ’n wit vrou gekies, wat lyk soos ’n soort huldeblyk (dalk onbewustelik) aan die Beskermheilige van Diegene Wat Dit Waag Om Ongewilde Menings Uit Te Spreek, die alte vrome Helen Zille...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.