KLINK SLIM OM DIE BRAAIVLEISVUUR
KITSKENNIS | Bloedgeld kan beelde van gruweltye nie meer blinkpoets nie
Al die geld wat die 17de-eeuse slawehandelaar Edward Colston in sy leeftyd in filantropiese gebare uitgedeel het, maak nie meer op vir hoe hy sy fortuin gemaak het nie, skryf WILLEM KEMPEN.
KLINK SLIM OM DIE BRAAIVLEISVUUR
KITSKENNIS | Bloedgeld kan beelde van gruweltye nie meer blinkpoets nie
Al die geld wat die 17de-eeuse slawehandelaar Edward Colston in sy leeftyd in filantropiese gebare uitgedeel het, maak nie meer op vir hoe hy sy fortuin gemaak het nie, skryf WILLEM KEMPEN.
Deel
MEER as drie eeue nadat Edward Colston in 1721 oorlede is, en een en ’n kwart eeu nadat ’n bronsbeeld van hom in Bristol, Engeland, opgerig is, het #BlackLivesMatter-betogers dié beeld die afgelope Sondag omgetrek en summier in die water van die stad se hawe laat plons.
Elders in Bristol word Colston steeds gehuldig: Daar is onder meer ’n skool, ’n konsertsaal, ’n kantoorgebou en twee strate wat sy naam dra. Hy was in sy latere lewe bekend as ’n filantroop wat ’n deel van sy fortuin gegee het vir die oprigting van skole en hospitale in Bristol en Londen.
Dis hóé hierdie fortuin bymekaargemaak is wat die afgelope jare ’n donker wolk oor sy nalatenskap laat skuif het: Colston was ’n slawehandelaar en groot aandeelhouer in die berugte Royal African Company (RAC), oor wie die historikus William Pettigrew gesê het (https://en.wikipedia.org/wiki/Royal_African_Company): “[Die RAC] het van meer mans, vroue en kinders uit Afrika slawe gemaak en na die Amerikas verskeep as enige ander enkele instelling tydens die totale tydperk van die transatlantiese slawehandel. Beleggers in die maatskappy was ‘ten volle bewus’ van sy aktiwiteite en hul bedoeling was om geld te maak uit hierdie uitbuiting. "..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Willem Kempen
Redakteur: DaagliksWillem Kempen is ’n hoofredaksielid van Vrye Weekblad. Hy is ook ’n voormalige redakteur van Finweek.