Wat is ’n ‘deepfake’?
Dié woord is ’n samevoeging van “deep learning”, met verwysing na die soort leervermoë waartoe rekenaars of ander masjiene in staat is, en “fake”, menende vals. “Deepfakes”, oftewel diepvervalsings, gaan veel verder as om met PhotoShop iemand se gesig op ’n foto van iemand anders te plak – dit gebruik gesofistikeerde maar vrylik beskikbare programmatuur om dit op video’s te laat lyk of individue dinge doen en sê wat hulle in werklikheid nié gedoen of gesê het nie, en die resultaat kan dikwels glad nie van ongedokterde materiaal onderskei word nie.
Dis al lank moontlik vir bedrewe kunstenaars om videomateriaal te manipuleer, soos wat byvoorbeeld in die 1994-fliek Forrest Gump gedoen is, maar tot onlangs het dit baie lank gevat en baie geld gekos om dit oortuigend te doen. Met diepvervalsingstegnologie is die proses geoutomatiseerd, vinnig en goedkoop, en die gehalte verbeter deurentyd...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Nuwe pot goud aan einde van SA reënboog?