KITSKENNIS | Hoe om miljoene uit jou vet pens te maak

KLINK SLIM IN ISOLASIE

KITSKENNIS | Hoe om miljoene uit jou vet pens te maak

Dit word nie verniet ‘clickbait’ genoem nie – daardie stukkies woord-aas op die internet wat jou uitlok om daarop te klik, selfs al weet jy voor jou siel dit gaan nie wees wat jy gehoop het nie, skryf WILLEM KEMPEN.

Wat is die verskil tussen klikaas (clickbait) en bloot ’n prikkelende opskrif by ’n regte nuusstorie?

Verantwoordelike nuusmedia gebruik ook opskrifte en foto’s om jou oor te haal om op ’n storie te klik of na ’n video te kyk, maar klikaas-werwe gaan doelbewus veel verder. Hulle oordryf, hulle mislei, hulle lieg soms blatant, of hulle probeer sensasie skep waar dit nie bestaan nie.

Neem die voorbeeld boaan hierdie rubriek: “Hoe om miljoene uit jou vet pens te maak.” Baie mense sal klik op iets met so ’n opskrif omdat hulle gretig is om uit te vind hoe om baie geld te maak én omdat iemand soos hulleself dit kwansuis reggekry het – iemand wat dalk oorgewig is of in ’n ander opsig iets met hulle gemeen het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.