‘My vriend Fanie sê met die Covid Alert SA-app op sy foon sal die regering elke oomblik van die dag weet waar hy is en wat hy doen.’
Darem nie, Fanie. Dink jy regtig dit sit in hierdie regering se broek om só ’n projek te bedink, te finansier en tot uitvoer te bring? Dieselfde regering wat byvoorbeeld – as 'n mens net by tegnologie hou – nou al langer as 15 jaar sukkel om die oorgang na digitale televisie-uitsending af te handel, sonder enige einde in sig?
In elk geval is die app nie deur die Suid-Afrikaanse regering self ontwikkel nie, maar wel as deel van ’n gesamentlike Covid-19-projek deur die Amerikaanse tegnologiereuse Google en Apple, en selfs húlle gaan nie nou meer van jou te wete kom as wat reeds die geval is nie. Dis deel van ’n internasionale projek waarvolgens soortgelyke apps ontwikkel is vir enige land wat dit wil hê; dit dra wel die naam van die Suid-Afrikaanse departement van gesondheid omdat die lisensievoorwaardes (https://developer.apple.com/contact/request/download/Exposure_Notification_Addendum.pdf) onder 2.1 dit vereis: “Ten einde die blootstellingskennisgewing[-app] te gebruik, moet jy ’n regeringsentiteit wees, soos ’n gesondheidsdienste-organisasie [...]”..
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.