Filosoof en oorlogdokter: Simson van die Oos-Kaap

GRAHAMSTAD-MAKHANDA

Filosoof en oorlogdokter: Simson van die Oos-Kaap

Hy was by die twee meter lank, gebou soos 'n gimnas en met vurige oë. 'n Charismatiese, intense man wat as veggeneraal geëer word, maar eintlik verdien om eerder as filosoof en pionier-teoloog onthou te word, die enigmatiese Makhanda. MAX DU PREEZ het dié besonderse historiese figuur se lewe en tye nagevors.

DIÉ buitengewone man het vier name gehad. Sy pa het hom Makhanda (ook Makanna gespel) genoem. Hy was linkshandig, so van kleintyd af het party hom Nxele (linkshandige in isiXhosa) genoem. Die trekboere het dit vertaal en hom Links genoem, wat die Britte toe misverstaan het en Lynx gemaak het. (Later in sy lewe het die meeste mense hom net Nxele genoem omdat hulle uit respek nie sy regte naam oor hul lippe wou laat gaan nie.)

Die munisipaliteit van Grahamstad is na hom vernoem en hy is dekades lank deur Umkhonto we Sizwe as inspirasie opgeroep. Maar dit het meestal te make met die aanval op die Britse garnisoen te Grahamstad op 19 April 1819 waarvan hy die bevelvoerder was; 'n aanval wat ironies genoeg klaaglik misluk het.

Makhanda was soveel meer as net 'n militaris. Hy was in die eerste plek 'n spirituele mens, 'n mistieke figuur wat 'n byna poëtiese lewe gelei het en by wie die simboliek swaar geweeg het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.