Krotoa: Die tweekop-vrou wat tussen wêrelde gestaan het

DIE KAAPSE EVA

Krotoa: Die tweekop-vrou wat tussen wêrelde gestaan het

Ons moet maar versigtig wees as ons oor Krotoa praat, skryf WILLA BOEZAK, want ons moet verby baie onkunde en vooroordele kyk.

  • 15 Oktober 2021
  • Mense & Kultuur
  • 6 min om te lees
  • artikel 13 van 29
  • Willa Boezak

“NEE! Sy was ’n barbaarse dronklap en ’n hoer," is van die reaksies uit Afrikanergeledere nadat die Universiteit Stellenbosch onlangs hul R.W. Wilcocks-gebou na Krotoa hernoem het. Max du Preez vra: “Is dit verstommende onkunde of kru bevooroordeeldheid?” Vir die Stellenbosse Khoegemeenskap, !AL-OM, is sy 'n ikoon. Dr. Leslie van Rooy verduidelik: “Die US ignoreer nie haar komplekse, tragiese geskiedenis as mens nie.”

Wie Krotoa was, is daarom ’n riskante vraag, en ons moet die tydsgees deeglik verreken. Haar verhaal was immers hoofsaaklik deur die bril van koloniale maghebbers geskryf, en die voortslepende verdeeldheid van ons brose samelewing is skynbaar ’n onbeweeglike wig.

Die fiktiewe siening dat die Khoe en San heidense barbare was, het ’n lang aanloop. Ná ’n wankelrige begin in 1488 deur Bartolomeus Diaz het die uitruilhandel met die Khoe-veeboere mooi op dreef gekom, maar is in 1510 ernstig geskaad. Die Portugese historikus João de Barros het geskryf van ’n klompie soldate aan die Kaap (//Hui-!gaeb, “plek met wolke bedek”) wat die Goringhaikwa-vee-eienaars wou bevark deur kinders as gyselaars aan te hou. Bevelvoerder De Almeida glo ongelukkig dié liegstorie en besluit om die “skuldiges" ’n les te gaan leer, maar hy en sowat 60 soldate, onder wie edellui, sterf in die bloedige skermutseling. Vir 80 jaar daarna het die Portugese die Kaap vermy. Dit het waarskynlik verhoed dat die Kaap ’n Portugese kolonie sou word soos ons bure Angola en Mosambiek. Om hul vernedering te verdoesel het die Portugese wolhaarstories in Europa versprei; selfs dat die Khoekhoen mensvreters was...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.