Angela Merkel: die eenvoudige, eerlike soort leier wat Afrika...

MOEDER VAN DIE NASIE

Angela Merkel: die eenvoudige, eerlike soort leier wat Afrika nodig het

Sy het nuwe betekenis aan die woord ‘sterk’ gegee. Angela Merkel, Duitsland se uittredende bondskanselier, het te alle tye in die grootste openbare belang regeer, pleks van vir haar party of in eie belang. Leiers en kiesers in Afrika kan hieruit leer, sê WILLIAM GUMEDE.

ANGELA MERKEL, die uittredende Duitse bondskanselier, het eenvoudig geleef terwyl sy aan die spits van die wêreld se vierde grootste ekonomie was. Sy het gestap om inkopies by plaaslike winkels te doen en sonder ’n spul lyfwagte of ’n motorkavalkade by amptelike vergaderings opgedaag. Sy dien as ’n les in egte, geloofwaardige leierskap vir Afrika se politieke leiers.

Sy verlaat die toneel as een van die wêreld se mees vertroude, betroubare en eerlike leiers. Terwyl sy aan die bewind was, was sy nederig en uiters doelgerig, met sterk morele, demokratiese en billikheidswaardes.

Haar besluite was nie gegrond op pogings om mag tot elke prys te behou nie, soos blyk uit haar besluit om groot getalle migrante in Duitsland toe te laat. Dít het ’n storm van kritiek teen haar ontketen – kiesers het onder meer haar party die rug toegekeer. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.