Geregtigheid is altyd soeter as wraak

‘MINISTERIE VAN WRAAK’ G'N SNAAKS

Geregtigheid is altyd soeter as wraak

In die stormagtige 1980’s was hy en sy Sowetan-kollegas intens op wraak ingestel, skryf ISMAIL LAGARDIEN. Vandag is sy standpunt: Het Suid-Afrika nie reeds genoeg pyn en ellende nie? Ons behoort nou eerder op geregtigheid vir almal te fokus.

EK het pas die 14de hoofstuk ingedien van memoires waaraan ek werk. Hierdie hoofstuk vertel taamlik subtiel (ek glo lesers moet maar tot hulle eie slotsom kom) hoe my soeke na wraak verander het in 'n soeke na geregtigheid. En hier wil ek graag saam met lesers na die einde van die 1980’s terugstap. Ek het by Sowetan gewerk, destyds die grootste swart koerant wat teen die vroeë 1990’s glad nie ’n slegte publikasie was nie. Ek was ’n gemiddelde verslaggewer wat toe die eerste swart politieke korrespondent vir ’n swart Suid-Afrikaanse koerant in die parlementêre persgalery word nadat Nelson Mandela uit die tronk vrygelaat is. Laasgenoemde is vir eers irrelevant.

Ons het rondom 1989 in die Sowetan-nuuskamer gekgeskeer oor wie die eerste minister van wraak wou wees wanneer apartheid uiteindelik sou ineenstort. Hoe sê die Engelse? “Many a true word spoken in jest.” Die meeste van ons het die verskriklike 1980’s oorleef (selfs erger gruwels sou ons in die vroeë 1990’s tref) en byna almal van ons het onder apartheid grootgeword en van die mees ontmenslikende aspekte daarvan beleef. Ek wil nie die impak daarvan geringskat nie, maar kom ons laat dit daar. Die punt is dat ons wraak wou hê.

As ’n lid van die parlementêre persgalery het ek byna al die vergaderings van die onderhandelde skikking bygewoon en myself geleidelik aan onderbewustelike na-apery oorgegee. Ek het nou byna elke dag ’n pak en das gedra. En ek het ’n “nuwe taal” aangeleer, maar nie sonder die stille vernedering van my eie swak geloof en vertroue nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.