Herr Bloem, hoofman van die Springbokke

BLOEMFONTEIN, O BLOEMFONTEIN

Herr Bloem, hoofman van die Springbokke

MAX DU PREEZ vertel die vreemde verhaal van ’n Duitse misdadiger wat die geskiedenis rondom die Garieprivier verander het en na wie se seun die stad Bloemfontein heel waarskynlik vernoem is.

SUID-AFRIKA het ook sy “Wilde Weste” gehad: die streek weerskante van die Garieprivier tydens die laaste helfte van die 18de en die eerste helfte van die 19de eeu.

Dit was ’n rowwe buurt van wetteloosheid en geweld buite die invloedsfeer van die koloniale owerheid aan die Kaap. Die dominante groepe was die Griekwa (Khoekhoen van gemengde afkoms), die Oorlam, die Koranna en die Namakwa, almal Khoekhoen-klans, maar daar was ook Sotho- en Tswanasprekende groepe en ’n klein aantal Boesmans.

Teen die laat 1700’s het ’n aantal wit sendelinge, drosters, avonturiers en misdadigers ook in die gebied begin inbeweeg. Hier is ’n storie van ’n opperste skarminkel wat ’n groot invloed op gebeure in die streek gehad het en wie se naam in die Vrystaatse hoofstad voortleef...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.