Mahsa Amini: Midde-Oosterse vroue se vryhede is lank genoeg ...

STRIKE A WOMAN, STRIKE A ROCK

Mahsa Amini: Midde-Oosterse vroue se vryhede is lank genoeg vertrap

Iran se vroue het die wêreld laat wakkerskrik met hulle doodsveragtende opstand teen die moellas. Hopelik is dit die vonk wat ’n globale en permanente verskuiwing in menseverhoudinge voortbring, skryf DAN BADENHORST.

MET die moord deur die morele bewakers van kleredragkodes op ’n 22-jarige Koerdiese vrou, Mahsa Amini (https://time.com/6220853/iran-protests-mahsa-amini-what-to-know/), in Teheran, Iran, op 16 September 2022 – weens “onvanpaste kleredrag” omdat haar hidjab glo nie gepas was nie – is ’n versadigingspunt bereik. 

Voortdurende protes het in die hoofstad begin en vinnig na ander dele van die land versprei. Vroue se vryhede is lank genoeg deur politiek vertrap en die realiteit het nou verskuif. Daar is so lank deur die moellas in die afgrond getuur dat die afgrond nou terugtuur.

Die Persiese kultuur het ’n komplekse geskiedenis van oor die 3 000 jaar en die Grieke en Romeine het byvoorbeeld ’n groot erfenis by hulle oorgeneem. Van later eeue weet ons dat Omar Khayyám (1048-1123) ’n Persiese wiskundige, filosoof, sterrekundige en digter was en sal dalk ’n paar versies uit sy Rubaiyat kan aanhaal. Daar is ook weer ’n oplewing in die werke van die mistieke Persiese sufi Rumi. Sy tydgenoot Ibn al-Arabi (1165-1240) was ewe tuis in ’n kerk, tempel, sinagoge en moskee. Hy het gewaarsku: “Do not praise your own faith so exclusively that you disbelieve all the rest. If you do this, you will fail to recognise the real truth of the matter: God the omnipresent and omnipotent, cannot be confined to any one creed, for he says, ‘Wheresoever ye turn, there is the face of Allah’. Everybody praises what he believes; his god is his own creature and in praising it, he praises himself. Consequently he blames the beliefs of others, which he would not do if he were just, but his dislike is based on ignorance”...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.