HIER staan die ou wêreld al weer kniediep in oorlogsdrek. En steeds word daar gestry of oorlog geregverdig is. Dit is nie. Omdat dit dood en nie lewe nie veronderstel, en die tragiese gevolge van die inherente boosheid daarvan vir geslagte lank duur, kan dit slegs in die uiterste omstandighede enigsins oorweeg word. So nie sal dit as immoreel en krimineel gebrandmerk bly.
Van die vroegste tye af probeer ons dit goedpraat. Vir Aristoteles was ’n oorlog byvoorbeeld ’n geregtigde middel om onreg te herstel, en Cicero het oor die konsep van bellum iustum (regverdige oorlog) geredeneer. Selfs godsdienste wat op liefde gefundeer is, het hulle monde vol oor wanneer dit kwansuis ’n goeie ding kan wees. Maar die probleem met al die geredekawel oor regverdigingsgronde is dat ons van die uitsondering die reël maak.
Al bly jy nederig oor grense van jou kennis en skepties oor jou eie siening, is dit nie vergesog om klaarblyklike afwykings van wat aanvaarbaar is te wantrou nie. Veral wanneer dit kom van leiers wat opsetlik die grense tussen feite en fiksie verwyder wanneer hulle die spektrum van boosheid betree. Om hul werklike agendas te verbloem, verskuif hulle gewoonlik die geskil oor die “hulles”, wat nie onder dwang hegemoniese “onse” wil word nie, na gewaande en persoonlike motiewe van die teenkant se leiers...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.