GENESIS in die Bybel speel af in die dae voordat die vyfdag-werkweek ingestel is, en dis jammer. Dis was afdraand ná Adam, op dag ses. Die mens, soos ons nou al weer sien, is nie lekker nie.
My eie probleme het begin die keer toe Lex, skrumskakel in die o. 9B-span, my saamnooi Sondagskool toe. Dit was verdag. Ek het gedink hy’s jaloers omdat ek Sondae kon laat slaap, maar nadat hy sy meesterplan aan my uitgelê het, was dit moeilik om nee te sê.
Die eerste ding wat ek toe daardie Sondagoggend opmerk, was hoe snaaks mense hulle monde trek wanneer hulle in die kerk sing. Dit het ook nie geklink soos die singery waaraan ek gewoond was nie. Dit was die soort singery wat mens lus maak om jou kop teen die naaste bank te kap...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Eksklusief: Cyril lei die zombie-inval