Reserwebank: Los die kritiek vir almal wat nié hul werk doen nie

’N VOORBEELD VIR DIE RES

Reserwebank: Los die kritiek vir almal wat nié hul werk doen nie

Dis reg dat die SARB inflasie so fyn dophou, skryf HUGO PIENAAR.

DIE amptelike werkloosheidskoers in Suid-Afrika is nou meer as 35%, terwyl die statistiekdiens raam dat die verbruikersinflasiekoers in Februarie 5.7% was. Almal weet eersgenoemde is ’n nasionale krisis, maar baie mense dink dalk die huidige inflasiekoers is nie werklik iets om oor bekommerd te wees nie. Tog is dit die opwaartse tendens in inflasie en die risiko’s vir toekomstige inflasie wat in dié stadium verreweg die meeste aandag van die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) ontvang. Moet die SARB nie eerder, soos die kritici dit wil hê, sy beleidsinstrumente aanwend om te probeer help om die werkloosheidskoers laer te druk nie?

In die res van die wêreld is daar ook ’n groot fokus op inflasie. Dít is maklik verstaanbaar in lande soos die VSA en Engeland waar inflasie die hoogste vlakke in dekades bereik het (onderskeidelik 8.5% en 7% van jaar tot jaar in Maart) en waar die amptelike werkloosheidskoers minder as 4% is. Hoekom is dit dan ook die geval in ’n land soos Suid-Afrika, waar inflasie, hoewel die tempo van prysstygings aan die versnel is, steeds binne historiese perke is?

Inflasie is ’n euwel vir die armes ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.