Die stofengel

NAAKTE WAARHEID

Die stofengel

Erger nog as Kampusbeheer was tannie Steyn, opsigter van Studentebehuising en op die koop toe ook van jongmense se sedes. P.P. FOURIE kon nie eens ’n kas kry om in weg te kruip nie.

VROEG in my nagraadse studiejare het my meisie in ’n lieflike ou studentehuis gebly in ’n lieflike ou straat van ons lieflike ou studentedorp. Liesl was hoofstudent en kon daarom gedurende vakansietye in die huis aanbly terwyl die vier ander dames volledig moes ontruim.

Ek en sy het die kans ten beste benut en ek het gewoon by haar ingetrek. Vir ’n paar weke het ons huis-huis gespeel. My teenwoordigheid en oorslaap was teen die reëls. Ons moes versigtig wees vir Kampusbeheer se wagte, maar moes veral ’n oog oophou vir tannie Steyn, die opsigter van Studentebehuising.

Liesl en tannie Steyn het ’n vriendelike verhouding met mekaar gehad, so op ’n Dames Dinamiek-manier: wedersyds respekvol en dalk ’n tikkie aan die formele kant, soos ons dit doen by ons lieflike ou universiteit...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.