‘Die aanval op Oekraïne maak van Rusland weer ’n globale speler’

‘ONS MOES DIT DOEN’

‘Die aanval op Oekraïne maak van Rusland weer ’n globale speler’

Agter die akademiese houding en welsprekendheid van die Russiese filosoof Aleksandr Dugin is 'n klomp vreesaanjaende idees, skryf WILLEM KEMPEN.

ARTIKEL 13 van die Russiese grondwet sê uitdruklik dat daar geen staatsideologie in die land sal wees nie; dat daar “ideologiese pluraliteit” sal wees. Dié bepaling was deels ’n reaksie op die ideologies obsessiewe Sowjet-era en ook ’n stappie nader aan die liberale idees van individuele vryheid, universele menseregte en oop samelewings.

Die nuwe Rusland van die vroeë 1990’s het die idees van Marx en Engels en Lenin en Stalin verwerp, maar het terselfdertyd nie veel in die plek daarvan aan sy mense voorgehou nie. Die rigiede staatsbeheer van die Sowjet-era het weggeval, maar in die plek daarvan was daar nou feitlik geen reëls of ’n hogere nuwe ideaal om na te streef nie.

Die ou magshebbers het die een ná die ander gulsig toegeslaan op dieselfde monopolistiese instellings wat hulle voorheen namens die staat bestuur het, maar alle skyn laat vaar dat hulle enige ander motivering as persoonlike verryking gehad het. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.