AS dit nie was dat die Nazi’s, soos dit goeie fasciste betaam, elkeen van hulle hoogs geheime geënkripteerde boodskappe met ’n totaal onnodige verering van die Führer afgesluit het nie, sou die Britte dalk nooit ’n vinniger manier ontdek het om die Enigma-masjien se kodes te ontwar nie.
Die span by Bletchley Park, onder wie die geniale Alan Turing en Gordon Welchman, het besef dat die woorde “Heil Hitler” onderaan elkeen van die Duitsers se boodskappe as ’n sleutel kon dien in die stryd om Enigma-boodskappe betyds te ontsyfer voordat die masjien se enkripsie elke 24 uur nogmaals sou verander.
Die ander insig (dit was waarskynlik Turing s’n) was dat Enigma nooit ’n letter geënkodeer het as homself nie – ’n S sou altyd een van die ander 25 letters van die alfabet word en nooit ’n S bly nie. Dat dít die moontlike oplossings vir elke geënkripteerde letter van 1 uit 26 tot 1 uit 25 afgebring het, het ’n drastiese verskil gemaak aan die tyd wat nodig was om die kodes te ontsyfer...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.