Anderkant die waansin wink ’n beter wêreld

GENETIESE REDIGERING

Anderkant die waansin wink ’n beter wêreld

Die redigering van ’n spesie se genetiese ‘resep’ kan siektes en vrektes voorkom, landbouproduksie verhoog, hongersnood help verlig en selfs minder kweekhuisgasse tot gevolg hê. Tog hang daar ’n digte wolk van agterdog en onkunde oor die onderwerp, skryf WILLEM KEMPEN.

HONDERDE QAnon-dissipels het Dinsdag in Dallas byeengekom op die plek waar John F. Kennedy in 1963 in ’n sluipmoord doodgeskiet is. Dit was hier, het hulle geglo, waar die destydse president se seun John-John aan hulle sou verskyn om te bevestig dat hy toe nooit regtig in 1999 in ’n vliegongeluk dood is nie en boonop gereed staan om as adjunk-president diens te doen wanneer Donald Trump in 2024 in sy amp herstel word as 19de president van die VSA.

(19de? Ja, want nommer 18, Ulysses S. Grant, was mos eintlik die laaste legitieme president van die VSA voordat ’n kabaal van bloedsuiende pedofiele die hele proses gekaap en Amerikaners tot ’n nuwe era van knegskap verdoem het.)

Wat het dít alles met die prys van geneties geredigeerde eiers te doen? Wel, dit het net 'n paar boodskappe van 'n QAnon-woelgees op Telegram geverg om die Dallas-sneeubal aan die rol te sit. Dis dieselfde soort mense wat weier om te glo Covid-entstowwe is enigiets anders as uit die bose, so dis nie vergesog om te dink die openbare mening kan ewe maklik teen genetiese redigering geswaai word nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.