Squid Game: die slegste én die beste van ‘die stelsel’

KINDERSPELETJIES

Squid Game: die slegste én die beste van ‘die stelsel’

Wees gerus: Hierdie artikel gee niks weg oor die ontknoping van Squid Game nie, want WILLEM KEMPEN het ook nog nie die eerste (en enigste?) seisoen klaar gekyk nie – maar hy wil beslis. Wat is dit aan dié Suid-Koreaanse Netflix-reeks wat miljoene mense oral ter wêreld so gaande het?

DIE gemaskerde wagte in hul pers-pienk oorpakke lyk soos militante Teletubbies wat met PlayStation-simbole beplak is. Die straattonele wys honger katte wat tussen Seoel se magdom braaihoenderstalletjies aas vir iets om te eet. Later skuif die aksie na ’n gebou wat lyk of die interieur ontwerp is deur Escher in sy pienk-en-geel-fase. Die atmosfeer leen ’n bietjie by 1984, vat ’n happie van Charlie and the Chocolate Factory, neem ’n baksteen of twee uit The Wall en gaan haal selfs ’n bietjie by James Bond en Thunderball, kompleet met ’n ondergrondse kompleks op ’n geheimsinnige eilandjie.

Anders as flieks en reekse soos The Hunger Games of The Maze Runner of selfs A Handmaid’s Tale speel Squid Game nie af in een of ander toekomswêreld nie; dis nou en dis hier en alles daarin is heeltemal moontlik met tegnologie en omstandighede en houdings wat reeds bestaan.

En dit takel gróót temas: groeiende ekonomiese ongelykhede; werkloosheid; ’n steriele verbruikerskultuur; die privatisering van mag en gesag uit die hande van die staat en in die hande van groot korporasies met gesiglose aandeelhouers. Alles in die onmiddellike konteks van ’n Suid-Korea wat sedert die Koreaanse oorlog van 1950-’53 ’n toonbeeld geword het van die voordele van ’n vrye mark wat aan entrepreneurs toegang gee tot die middele wat nodig is om internasionaal suksesvolle maatskappye tot stand te bring: Samsung Electronics, Hyundai Motor, LG Electronics, Kia Motors, Samsung Life Insurance en die konstruksiemaatskappy Samsung C&T is maar enkele van die 14 Suid-Koreaanse maatskappye wat Forbes se mees onlangse lys van die wêreld se 500 grootstes volgens jaarlikse verdienste gehaal het. Die snelle ontwikkeling wat Suid-Korea oor ’n klompie dekades gesien het, is natuurlik aangehelp deur die mildelike steun van die VSA, wat ’n strategiese belang daarby het om te help toesien dat die land beter vaar as sy buurman in die noorde van die vroeëre verenigde Korea...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.