Oppas, die geRaaS gaan ál erger word

DIE NUWE RAMPOKKERS

Oppas, die geRaaS gaan ál erger word

Gesofistikeerde bendes kuberkrakers maak 'n fortuin deur maatskappye en ander organisasies se rekenaarstelsels te kaap en dan ’n losprys te eis. Dié ding kan nog lelik raak, vermoed WILLEM KEMPEN.

HY het te laat in sy lewe geleer, het die Mafiabaas Lucky Luciano by geleentheid gesê, dat ’n mens net so slim moet wees om ’n skelm miljoen te kan maak as ’n eerlike miljoen. “Deesdae doen jy aansoek vir ’n lisensie om van die publiek te steel. As ek alles kon oorhê, sou ek seker maak ek kry eers daai lisensie.”

Waarmee hy eintlik bedoel het: “Ek is net so slim soos al die bankiers en finansiers en magnate wat skatryk geword het sonder dat die res van die wêreld agtergekom het dat hulle net so boos soos ek is.”

Luciano (doopnaam Salvatore Lucania) word beskou as een van die vaders van moderne georganiseerde misdaad. Hy was die dryfkrag wat die Amerikaanse Mafia van ’n gefragmenteerde spul straatboewe van hoofsaaklik Siciliaanse afkoms omvorm het in ’n hoogs gesofistikeerde, multi-etniese internasionale organisasie met ’n duidelike hiërargie en ’n “voorsitter van die direksie” (hy self) pleks van die outydse capo di tutti i capi wie se woord in alle omstandighede wet was...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.