Die populis wat ’n kriptokrasie wil skep

HOOP EN BITCOIN

Die populis wat ’n kriptokrasie wil skep

Dis deur pres. Nayib Bukele se toedoen dat El Salvador die afgelope week die eerste land ter wêreld geword het wat bitcoin as ’n amptelike betaalmiddel aanvaar. Is dit ’n visioenêre stap vorentoe, wonder WILLEM KEMPEN, of ’n roekelose waagstuk met obskure motiewe waarvoor sy land nog duur gaan betaal?

MINSTENS een mens dink die 40-jarige Nayib Bukele is die wêreld se koelste staatshoof: hy self. Hy regeer sy land via Twitter, Instagram en Facebook; hy kan selfs tydens belangrike gesprekke nie sy oë van sy foon af hou nie; hy dra graag sy baseball-keps agterstevoor en hy het die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in 2019 sonder ’n das aan toegespreek. Dis amper asof sy hele beeld deur ’n reklameagentskap geskep is – en dalk is dit, want dit is einste die bedryf waarin hy gewerk het voordat hy burgemeester van San Salvador en later president van El Salvador geword het.

Hy is ook baie, baie gewild onder die mense, met peilings wat wys dat tot 70% van die bevolking hom steun. Hy kry onder meer die krediet daarvoor dat die moordkoers in El Salvador drasties gedaal het sedert hy aan die bewind gekom het, en vir die land se hantering van die pandemie: meer as 20% van die bevolking is al ingeënt en kos word daagliks afgelewer by behoeftiges wat ly onder inperkingsmaatreëls wat streng toegepas word.

Bukele maak seker die mense sien raak wanneer hy amptenare wat na sy mening korrup is sommer op Twitter afdank, of wanneer hy klinieke of biblioteke en gemeenskapsale open of  studiebeurse aankondig. Dit beteken ook die kritiek is baie meer gedemp wanneer jy inmeng in die regbank, torring aan die land se grondwet of joernaliste probeer intimideer wat lastige vrae vra...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.