Jeremy Cronin: Staatskaping se fondamente is lank voor die...

KAP DIE KAPERS

Jeremy Cronin: Staatskaping se fondamente is lank voor die Zuma-jare gelê

ANNELIESE BURGESS gesels met Jeremy Cronin, veteraan van die SAKP se politburo en oudlid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, oor hoe kaderontplooiing staatskaping aangehelp het, die probleme met elite-bemagtiging en die vrede wat hy ervaar as 'n afgetredene in sy huisie by die see.

JEREMY Cronin woon in 'n huisie by die see aan die voet van 'n groot berg. Hy stap en lees baie. Hy geniet die stilte van sy dae, die tyd om te kan dink en eklekties te kan lees, om nie meer heen en weer tussen Pretoria en Kaapstad hoef te pendel nie. Maar hy geniet dit ook veral om uit die mediakollig te wees, sê hy per WhatsApp.

Dit is dus 'n verrassing toe hy in die volgende reël instem om met my te gesels, wat ons toe dié week een vroeë aand op die foon doen.

Ons gesprek het die informaliteit van 'n oproep met 'n ou kennis, maar verg ook luister-dissipline. Cronin is nie een vir ligte praatjies nie. Hy is per slot van sake 'n voormalige lektor in filosofie aan die Universiteit van Kaapstad (UK) en een van die drieparty-alliansie se oorspronklike intellektuele...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.