Afrika, die wêreld se volgende djihad-slagveld

ALMAL HOU VAN 'N WENNER

Afrika, die wêreld se volgende djihad-slagveld

Die situasie in Afghanistan en in Mosambiek laat weer twee ou vrae opduik, skryf DARREN TAYLOR. Kan 'n stryd teen 'n insurgensie ooit regtig suksesvol wees? Indien wel, hoe kan dit gemeet word?

DIE “oorgawe", “kapitulering", “nederlaag", “onttrekking" – of wat jy dit ook al wil noem, afhangend van waar jou steun lê – van die VSA in Afghanistan het 'n ou debat onder militêre historici, veiligheidsontleders, generaals, soldate en 'n mengelmoes van oorlogstokers en vredemakers oor die wêreld heen veroorsaak. 'n Debat woed rondom twee sleutelvrae: Is 'n veldtog teen insurgensie of terreur ooit regtig suksesvol? En wat presies definieer die “sukses" of “mislukking" van sulke strategieë?

Diegene wat konflik vir 'n lewe bestudeer, stem in die algemeen saam dat “moderne" insurgensies (ook bekend as bevrydingsoorloë, rebellies, revolusies, guerrilla-oorlogvoering of terrorisme, weer eens afhanklik van aan wie se kant jy is) kort ná die Tweede Wêreldoorlog begin het. 

Sommige isoleer die oorsprong van hierdie tipe konflik in Maleisië, toe die Maleisiese kommunisteparty se gewapende vleuel in 1948 teen die Britse bewind begin veg het. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.