Covid-waakeenheid: ‘Soos om in ’n swart gat te verdwyn’

HOSPITAAL-HEL

Covid-waakeenheid: ‘Soos om in ’n swart gat te verdwyn’

DARREN TAYLOR vertel die skrikwekkende verhaal van twee Covid-19-pasiënte in die intensiewesorg-afdeling van ’n privaat hospitaal, waar hulle erg onpersoonlike en onvoldoende sorg ontvang het, en van die vrese van dokters en verpleërs.

“Hi. Dis ek. Ek wou net vir jou sê my swaer is oorlede. Die hospitaal het nou net laat weet. Daai spesiale, sagte man wat so goed was vir my suster en die kinders, wie se lewe ek gedink het ek gered het deur hom so vinnig by die hospitaal te kry ... Ek het gedink my mediese kennis sou hom kon red, dalk.

“Maar dit was stupid, want wat weet ek van aansteeklike siektes? Dis nie die werk wat ek doen nie. Corona is nie my werk nie ... Maar wie s’n is dit?

“Ons kon nie afskeid neem nie; ons kon nie sy hand vashou nie; ons is nie naby hom toegelaat nie ... Ek verstaan dit op ’n manier, maar ek is terselfdertyd woedend! Hoekom kon hulle ons nie ten minste in plastiek of iets toemaak en ons laat afskeid neem nie? Ek neem aan ons sal totsiens sê wanneer ons hom môre begrawe...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X