Die mooiste, vreesaanjaendste geleentheid vir die mensdom

CORONA EN GEESTESGESONDHEID

Die mooiste, vreesaanjaendste geleentheid vir die mensdom

Terwyl 'n wêreldwye eksistensiële krisis woed, is die pragtige woorde van 'n ‘doodsafrigter’ dalk die regte doepa, skryf DARREN TAYLOR. Minder werk, meer liefde en langsamer lewens; dís die mantra.

WETENSKAPLIKES reken Covid-19 gaan tot 50,000 Suid-Afrikaners teen November afmaai. En as jy die TV aanskakel, is al wat jy sien die skrikbeelde van die dood – mense wat die nuwe getal dooies en siekes in staccato voorlees. Advertensies, politici, dokters, self skrapsgeklede beroemdes van twyfelagtige intellek, skreeu: “Moenie uitgaan nie, sit jou masker op, was jou hande!” Anders is jy die volgende statistiek.

In hierdie konteks, terwyl een van die grootste pandemies tot nog toe op ons is, is dit dalk 'n goeie tyd om met Cameron Hogg te praat. Hy is ’n geestesgesondheidswerker wat al 30 jaar lank berading bied aan terminaal siek pasiënte en mense wat voel hul lewe is leeg.

“Die dood is magtig!” blaf hy. “Die dood is die uiteindelike doelwit van die siel se aardse lewe. So, wanneer mense vra ‘wat is die punt van die lewe?’, dan is die antwoord die punt van die lewe is die allerbeste moontlike dood.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.