Inperking-sondes: Vir sommige is sjokolade en Netflix net nie...

CORONA EN DWELMS

Inperking-sondes: Vir sommige is sjokolade en Netflix net nie soet genoeg

In die Cokestad oftewel Goudstad is drank, dwelms en tabak die luukses waaraan ingeperktes nou selfs meer absurde bedrae geld spandeer, skryf DARREN TAYLOR. En waar daar 'n aanvraag is, kom die aanbod gou-gou.

DIE WhatsApp-boodskappe vlieg rond in Johannesburg se uitgebreide gemeenskappe van sondaars. Hulle stuur vir mekaar die pryslyste van ondergrondse handelaars in alkohol, narkotika en sigarette – produkte wat nie tydens Suid-Afrika se staat van inperking verkoop mag word nie.

“Daar lê minstens nog twee weke van hierdie gemors oor,” sê Mark*, wat in die IT-bedryf werk, onlangs. “Nes die meeste van my vriende het ek ’n klomp drank en ’n paar gram coke (kokaïen) gekoop om my deur drie weke van inperking te kry. En toe het die bliksems dit verleng tot vyf weke!”

Dis al van die vroegste tye af bewys dat as jy iets verbied, mense dit selfs nog meer en in groter hoeveelhede as gewoonlik wil hê. En natuurlik skiet die prys van die goed die hoogte in. In ’n stad soos Johannesburg, wat baie trots is op sy genadelose reputasie waar mense hard lewe en nog harder speel, en meer geld verdien en meer uitgee, is dit selfs meer só...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.