’n Woordjie wat rym met roes: die verhaal van dáái vloekwoord en ander

VOETSJEK ... ASKIES!

’n Woordjie wat rym met roes: die verhaal van dáái vloekwoord en ander

Sy naam is HEINDRICH WYNGAARD en ja, hy vloek, maar sekere woorde sal jy nooit uit sy mond hoor nie. Hy bespiegel oor in watter variant van Afrikaans jy die kreatiefste kan swets.

MY naam is Heindrich en ek vloek.

Ek is die jongste van vier kinders van wyle Dickie en Sonia Wyngaard. Sowel my suster as my twee broers vloek. Ook ons ma en ons pa het gevloek.

En hoor ek nie steeds my ma – uit frustrasie vir ons pa of vir ons as kinders – “blerrie” op laergraad en soms “fokkien” op hoërgraad nie? Oor my pa word daar vertel (want self was ek maar nege jaar oud toe hy op 41 van ons weggeneem is deur Die Man van Bo; die man wat jou gaan straf as jy vloek, soos ons as kinders by die huis, in die Sondagskool en by Swartberg Primêr op Caledon geleer is) dat sy gunsteling-sêding glo was: “Voetsjek, voetsjek ... askies!” En hoor hoe lekker lag ons uitgebreide familie nou nog daaroor. “Hoe het julle pa Dickie altyd gesê?”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.