KLIP IN DIE BOS | Die ideale lens van ironie

DIE LEWE SE WARE WESE EN NUT

KLIP IN DIE BOS | Die ideale lens van ironie

Hoekom neem ons geredelik aan dat die skrywers van die Bybel nie ironie en humor as deel van hulle gereedskap gebruik het nie, vra DAN BADENHORST.

IN die kommentaar op Max du Preez se briljante artikel (https://www.vryeweekblad.com/nuus-en-politiek/2021-09-02-van-krotoa-na-eva-na-wilcocks-en-terug/) oor die herdoop van die talesentrum op Stellenbosch na ons eerste inheemse polyglot, Krotoa, het ek 'n stukkie klaarblyklike ironie misverstaan vir die teendeel van wat daarmee bedoel is. Weens sy teenstrydige aard word ironie dikwels verkeerd geïnterpreteer terwyl dit die ideale lens is om deur te kyk om 'n beter perspektief op 'n moeilik verklaarbare verskynsel te kry. In die voorwoord van Schalk Burger se boek oor sy lewe, Just a Moment, haal Morné du Plessis vir Matthew McConaughey soos volg aan: “The first step that leads to our identity in life is usually not ‘I know who I am’ but rather ‘I know who I’m not’.”

As jy nie die ironie in N.P. van Wyk Louw se gedigte raaklees nie, sal jy hulle nooit verstaan nie. En is dit nie ook een van die groot oorsake vir die misverstaan van die “Skrif” nie? Geloof in die onfeilbaarheid daarvan maak dit 'n objektiewe monoloog waarin alleen positiewe kritiek aanvaar kan word. Geen subjektiewe teenspraak word geduld nie omdat “God” absoluut goed is sonder 'n Jungiaanse skaduwee. Sonder ironie as uitlegmiddel kan  hierdie boek dikwels nie in 'n ander lig gesien word nie. Hoekom neem ons geredelik aan dat die skrywers nie ironie en humor as deel van hulle gereedskap gebruik het nie? Die skryfstyl is alreeds omtrent humorloos – een van die enigste grappies daarin is toe Balaam se donkie met hom begin teëpraat het.

'n Onverstaanbare God kan male sonder tal alleen begryp word in wat hy nie is nie. Hoe kan jy anders die Godsbeeld in Job verheerlik wanneer God 'n bose weddenskap met die duiwel aangegaan het oor Job se goedheid, en kwaad word as hy daaroor bevraagteken word, terwyl die mens Job deurentyd met nederigheid optree? En word ironie nie op sy spits gedryf in Pilatus se vraag aan Jesus, “wat is die waarheid” nie? Dit terwyl die persoon wat die verpersoonliking van liefde is, daar voor hom staan, en “er staat niet wat er staat” nie net oor woorde gaan nie. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.