Om op te kom vir lug: drie verhale van mense wat Covid-19 oorleef het

SÓ WAS DIT

Om op te kom vir lug: drie verhale van mense wat Covid-19 oorleef het

Die trauma en verlies wat met die Covid-19-pandemie gepaard gaan, strek om die aardbol. Hospitale is oorvol, mediese personeel is oorwerk en psigies gedaan. Maar dis belangrik om te onthou daar word ook daagliks vele lewens gered. Hier volg drie verhale van oorlewing en hoop: ’n tandarts, ’n entrepreneur en ’n regsadviseur. Deur SCHALK SCHOOMBIE.

Die tandarts

“EK was nog nie ’n dag in my lewe siek of in die hospitaal nie,” sê dr. Kevin Bakos (57), ’n tandarts met ’n praktyk in Killarney Mall, Johannesburg. “Ek was altyd baie fiks en gesond, ek het boksoefening gedoen, saam met my vrou gestap en elke Woensdag gholf gespeel.”

Ná die feestyd van 2020/21 het Kevin met sy vrou en twee dogters van 16 en 17 jaar teruggekeer van ’n vakansie op Plettenbergbaai. Hy het hom laat toets vir die coronavirus ná drie dae van ’n krapperige keel en ’n hoesie. “Dit was positief. Skaars drie uur nadat ek die uitslag gekry het, het ek skielik ’n terugslag beleef. Woeste hoofpyne, koue en warm rillings. Ek het die koors probeer breek deur in die swembad te lê of ’n warm bad te vat. Net ’n uur later was dit terug.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.