Takel dié probleme, dan kan SA ekonomie begin werk skep
LOS EERS AL DIE SLIM PLANNE

Eerder as om tyd te mors om nog groeiplanne uit te dink, is daar 'n paar ooglopende beperkings wat eers uit die weg geruim moet word, skryf HUGO PIENAAR.
VEELS te min mense werk in Suid-Afrika in die formele ekonomie. Dit is weens 'n sameloop van faktore, maar een van die vernaamste redes hiervoor is dat die groeikoers van die ekonomie oor baie jare heeltemal te laag was. As ons die groeikoers volhoubaar tot 'n hoër vlak kan lig, sal ons nie kwartaal ná kwartaal geskok wees oor die omvang van die werkloosheidskrisis nie. Eerder as om tyd te mors om nog groeiplanne uit te dink, is daar 'n paar voor die hand liggende groeibeperkings wat reggestel moet word. Indien dit nie gebeur nie, is dit moeilik om te sien waarom die privaat sektor meer mense in diens sal neem.
Voor 'n kort beskouing oor hoe die regering die sakesektor kan bystaan om hoër groei te bewerkstellig, net vlugtig weer 'n oorsig van die werkloosheidskrisis (dié deel van die rubriek is aangepas uit 'n onlangse stuk wat ek vir die Sunday Times geskryf het):
Volgens die jongste kwartaallikse arbeidsmagpeiling van Statistiek Suid-Afrika was daar amptelik 7.8 miljoen mense sonder werk in die tweede kwartaal van 2021. Hoewel dit reeds erg genoeg is, vertel dit nie die volle verhaal nie. As ons diegene wat moed opgegee het om werk te soek bytel, was daar in die tweede kwartaal amper 12 miljoen mense wat gewillig was en kon werk wat by die huis of op straat gesit het. In die lig van 'n geraamde arbeidsmag van omtrent 27 miljoen, beteken dit dat die uitgebreide werkloosheidskoers in Suid-Afrika nou net duskant 'n skokkende 45% is. ..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Ondanks Julie-onluste wink 4% groei steeds
G’n inflasiemonster in sig
Cyril sit lig aan vir hervorming
Tyd dat politici die prys betaal vir vrot dienste
Beter hulpbronpryse ruk SA van afgrond weg
Deel
-
Deel
Hugo Pienaar
EkonoomPienaar is hoofekonoom van die Buro vir Ekonomiese Ondersoek aan die Universiteit Stellenbosch. Die rubriek is sy eie mening.