R.W. Wilcocks: Die man agter die naam

NIE 'N SONDAAR VAN DIE EERSTE ORDE NIE

R.W. Wilcocks: Die man agter die naam

In die gesprek rondom die Universiteit Stellenbosch se besluit om die R.W. Wilcocks-gebou se naam na Krotoa te verander, is daar reeds heelwat gesê oor die persoon Eva Krotoa, maar weinig oor Wilcocks, skryf ALBERT GRUNDLINGH. Wie was Wilcocks?

R.W. WILCOCKS is in 1892 in Vryburg gebore as die seun van ds. David Wilcocks en sy vrou, Aletta van der Merwe. Die jong Wilcocks het by die destydse Victoria Kollege ingeskryf en as ’n begaafde student in die Sosiale Wetenskappe sy graad in 1912 behaal. Hy het ’n Porterbeurs vir verdere studie aan die Universiteit van Berlyn ontvang waar ’n doktorsgraad in in die filosofie in 1917 met onderskeiding aan hom toegeken is. Sy proefskrif het gehandel oor die ontleding van produktiewe denke.

In 1918 het hy ’n pos aanvaar aan die Universiteit van Stellenbosch, wat toe pas volwaardige universiteitstatus ontvang het. Hy is as professor in sielkunde en logika aangestel en het bekendheid verwerf met onder meer sy werk oor intelligensietoetse. Hedendaagse opvattinge, wat nie noodwendig eenvormig, gebalanseerd of deurgaans oortuigend is nie, is geneig om ’n skaduwee oor sodanige navorsing te werp.

Wilcocks was ook in 1924 die studieleier van ene Hendrik Verwoerd wie se proefskrif oor die afstomping van gemoedsaandoeninge gehandel het. Dit was natuurlik dieselfde Verwoerd wat later so nou met apartheid verbind sou word. Vanselfsprekend kan ’n studieleier nie verantwoordelik gehou word vir sy voormalige student se latere beleidsbepalinge nie, veral nie as daar geen verbandhoudende konneksie is nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.