Amerikaanse voetbal ’n wilde rodeo vir ons rugbyspelers

KEN JOU BAL

Amerikaanse voetbal ’n wilde rodeo vir ons rugbyspelers

Suid-Afrikaanse rugby en Amerikaanse gridiron het absoluut niks gemeen nie. Tog was Naas Botha nie die laaste Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat sy heil in die National Football League gaan soek nie, vertel EUNICE VISAGIE – en twee van ons blinkste rekrute in die VSA nou is juis produkte van die skool wat die meeste Springbokke opgelewer het.

  • 10 September 2021
  • Mense & Kultuur
  • 9 min om te lees
  • artikel 15 van 32
  • Eunice Visagie

DIE rugbybal en die voetbal is albei ovaal, maar dis ook al wat dieselfde is. Die kleur, die grootte, die gevoel is alles anders. 

Dít keer egter nie groot drome van NFL-glorie nie en elke nou en dan is daar 'n ster wat die rugbytokse opsy skuif en koers kies Amerika toe.

Twee oudleerlinge van die Paul Roos Gimnasium, wat bekend is as een van Suid-Afrika se superrugbyskole (indien nie dié rugbyskool nie), is juis nou in Noord-Amerika om 'n nuwe hoofstuk vir Suid-Afrikaners in Gridiron te skryf. Paul Roos is die skool wat die meeste Springbokke oor die jare opgelewer het – dit staan nou by 54.  En van al die groot rugbyname wat hier geslyp is (dit sluit Damian Willemse, Steven Kitshoff, Willie le Roux, Herschel Jantjies, Francois Hougaard en Schalk Brits in) is dit die 23-jarige oudvleuel Nico Leonard wat die skoolrekord hou vir die meeste drieë: 52 in twee jaar...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.