Klimaat: Veld en diere ly, maar dis die mense se oë wat leeg is

TRAUMA VAN EPIESE OMVANG

Klimaat: Veld en diere ly, maar dis die mense se oë wat leeg is

Dis veral ons kinders wat in die steek gelaat word wanneer klimaatsverandering rampe soos droogtes meebring, beklemtoon 'n nuwe verslag. En dis die regering se vrot dienslewering wat dit alles vererger, skryf ANNEMARIE VAN WYK.

OP die plaas Doorndraai, suid van Aberdeen in die Oos-Kaap, was daar sewe jaar laas ordentlike reën. “Selfs die doringbome waarvan die Angora-bokke leef, is besig om dood te gaan. Die veld lyk verskriklik," sê Colleen Ogilvie, wat sedert 1987 saam met haar man, Dickie, op die plaas boer. 

Colleen en Dickie wou al lankal aftree, maar met die droogte is dit net nie moontlik nie. “Dit plaas ongelooflike druk op 'n verhouding," vertel sy. Dit eis veral 'n tol op gemeenskappe hier waar mense hul werk verloor het weens die droogte. “Mens en dier moet staatmaak op skenkings en dit het 'n impak op mense se eiewaarde.”

In die Oos-Kaap leef gemeenskappe etlike jare reeds in erge waternood. Dit is weens droogte, maar ook munisipale wanbestuur. Die veld en wilde diere ly erg, maar dit is die mense wie se oë leeg is. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X