VOORUITGANG in Suid-Afrika word histories gekenmerk deur ekonomiese meevallers en politieke rampe. Só het die historikus C.W. de Kiewiet die geskiedenis van die land reeds in die vroeë 1940’s opgesom. As ’n mens terugdink na die 1980’s, toe die land ekonomies uit ’n rekord-goudprys voordeel getrek het, maar wesenlik gekniehalter is deur die laaste (erge) stuiptrekkings van die apartheidsregering, het De Kiewiet se teorie weer herhaal. Dit was ook die geval in die vroeë 2000’s, toe Suid-Afrika weens verskeie tekortkominge nie ten volle uit die vorige hulpbron-supersiklus munt geslaan het nie.
Vandag is ’n belangrike vraag of die geskiedenis dalk op sy kop gekeer kan word, en die land “geseën” kan word deur beide ’n (hopelik volhoubare) ekonomiese meevaller én ’n minder rampspoedige interne politieke situasie.
’n Groot meevaller ondanks Covid..
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Covid bring ook wenners tussen die skade en verlies