Dis krimineel om hervormings agterweë te laat

PRIORITEITE

Dis krimineel om hervormings agterweë te laat

’n Proses van wydverspreide inenting teen Covid-19 en strukturele hervormings is nodig om Suid-Afrika terug op ’n volhoubare hoër ekonomiese groeibaan te plaas, skryf HUGO PIENAAR.

IN die eerste maand van die jaar was daar uiteindelik ’n noodsaaklike regeringsfokus op die verkryging en verspreiding van ’n Covid-19-entstof vir Suid-Afrika. Dit sal vir minstens die res van die jaar en waarskynlik ook nog in 2022 prioriteit geniet. Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) het tereg verlede week gesê dat die wêreld in ’n stryd tussen die entstof en mutasies van die coronavirus gewikkel is. Terwyl die mikpunt van die regering om 40 miljoen mense in te ent fyn beplanning en vele hulpbronne in beslag gaan neem, is dit van die uiterste belang dat ons nie die oog van strukturele hervorming moet afhaal nie.

Voor die noodsaaklikheid van hervormings in oënskou geneem word, vinnige kommentaar oor die debat oor die finansiering van entstowwe vir Suid-Afrika wat die laaste twee weke woed. Dit gaan hier oor die bronne van finansiering, wat insluit moontlike belastingverhogings, veranderinge aan die samestelling van staatsbesteding en/of om meer op die plaaslike kapitaalmark te leen. Nie een van die opsies is optimaal nie. Seker die swakste opsie sou wees om belasting te verhoog in ’n tyd waar baie Suid-Afrikaners reeds swaar trek weens die ekonomiese gevolge van Covid-19. Die herprioritisering van staatsuitgawes is ’n minder slegte opsie, maar dit gebeur reeds die laaste paar jaar. ’n Verdere besnoeiing van nie-mediese uitgawes kan die lewering van broodnodige goedere en dienste deur die staat verder belemmer. Om meer te leen sal die reeds hoë skuldlas van die staat verder verhoog. Dit sou beteken dat ’n nog groter deel van die staatsuitgawes in die toekoms aan rentebetalings afgestaan moet word.

Genoeg in die staatskoffer vir entstowwe..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.