Heelwat suur en so ’n bietjie soet vir die ekonomie

MEER AS EEN STORIE

Heelwat suur en so ’n bietjie soet vir die ekonomie

In ’n komplekse samelewing soos ons s’n is daar baie keer goeie en slegte tendense wat saam die oorhoofse stand van die land beïnvloed. Daar is nie noodwendig altyd net een storie nie. So is dit ook wat die ekonomie betref, skryf HUGO PIENAAR.

DIE uitstel van datavrystellings weens Covid-19-verwante logistieke probleme het tot gevolg dat ons nou eers ’n volle, hoewel nie heeltemal onverwagse, prentjie begin kry van die omvang van die ekonomiese skade wat die streng grendelstaat in die tweede kwartaal veroorsaak het. Terselfdertyd is daar bemoedigende tekens van herstel in die derde kwartaal. Die groot onsekerheid is hoe volhoubaar die aanvanklike terugspring van aktiwiteit gaan wees.

Ons weet reeds dat die bruto binnelandse produk (BBP) in die tweede kwartaal gekrimp het met die meeste sedert ten minste 1960 (dis toe kwartaallikse rekords begin het). Die BBP was meer as 15% kleiner in die tweede kwartaal van 2020 as in die eerste drie maande van die jaar. Dié reusedaling het BBP-groei van nagenoeg 13 jaar uitgewis.

Die BBP is dus nou terug by die vlak waar ons in 2007 was. Mens hoef eintlik niks verder te sê nie om te besef dat selfs die mees veerkragtige ekonomieë sal sukkel om oor ’n kort tydperk van so ’n groot skok te herstel. Nadat die bekendmaking van die syfers uitgestel is, het Statistieke Suid-Afrika vandeesweek die arbeidsmagpeiling vir die tweede kwartaal bekendgemaak. Dit het gewys dat ’n ongekende 2.2 miljoen mense tussen April en Junie hul werk verloor het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.