’n Onvoltooide herstel – en hier kom die tweede Covid-golf

WEES VERSIGTIG IN FEESTYD

’n Onvoltooide herstel – en hier kom die tweede Covid-golf

Met ’n tweede Covid-19-vlaag die grootste risiko vir volhoubare ekonomiese herstel, moet omsigtigheid die wagwoord vir die vakansietyd wees, skryf HUGO PIENAAR.

DIE goeie nuus dat die Suid-Afrikaanse ekonomie in die derde kwartaal van 2020 met meer as verwag teruggespring het, het nie eens kans gehad om behoorlik in te sink nie toe die onrusbarende – hoewel nie heeltemal onverwagse nie – nuus kom dat die land amptelik ’n tweede vlaag van Covid-19 ervaar. Die mallemeule van goeie en slegte nuus beklemtoon maar net weer dat voordat ’n entstof nie wyd in Suid-Afrika beskikbaar is nie, die ekonomiese herstel met stampe en stote gepaard sal gaan.

Soos die geval met die historiese BBP-inkrimping in die tweede kwartaal is die bekendstelling van ’n ongekende terugspring in ekonomiese aktiwiteit (gemeet aan BBP) in die derde kwartaal met ’n verskeidenheid van kwinkslae en interpretasies begroet. Seker een van die vreemdste reaksies op sosiale media was dat die stewige kwartaal-op-kwartaal-toename van 13.5% nie as ’n herstel beskou moet word nie. Dit is kwansuis omdat die ekonomie steeds met nagenoeg 6% gekrimp het vergeleke met dieselfde kwartaal in 2019.

Dit is inderdaad so dat ondanks die mooi toename in die derde kwartaal, die omvang van totale ekonomiese aktiwiteit steeds 6% minder was as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar. Ons moet nietemin onthou in die tweede kwartaal van 2020 toe ons die felste (drakoniese is waarskynlik ’n beter beskrywing) inperkingsmaatreëls ervaar het, het die ekonomie met ’n reuse 17.5% teenoor dieselfde kwartaal in 2019 gekrimp. Derhalwe het die tempo van jaar-op-jaar-daling wesenlik in die derde kwartaal verlangsaam...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.