’n Regterlike snotklap vir Trump

AANSOEK VERWERP!

’n Regterlike snotklap vir Trump

Donny gaan nie maklik lê nie, voorspel ARRIE ROSSOUW uit Amerika, maar die Trump-handelsmerk het 'n reuse-knou gekry. Die sikofante en gatkruipers sal hul karavaantjies aan nuwe politieke voertuie moet haak, wantTrump se invloed gaan dramaties taan ná 20 Januarie.

DIS die naaste aan 'n regterlike snotklap wat jy sal kry. En, toegegee, dis nie die taal wat mens in die goeie, hogere geselskap van 'n regter van die Amerikaanse hooggeregshof uiter nie.

Maar gun die gewone sterfling wat die presidensiële manewales van Donald Trump daagliks moet gadeslaan 'n bietjie plesier as hy hom verbeel dat die nege regters van die hoogste hof in die land Maandagoggend met hul eerste teepouse gesit en wonder het hoe hulle die aansoek moet hanteer van Mike Kelly van die Republikeinse Party van Pennsilvanië dat die sertifisering van die verkiesingsresultaat in dié deelstaat met 'n hofbevel gekeer moet word.

Nege regters, ses konserwatiewes en drie liberale, sit om die tiensitplektafel met 'n koppie Engelse tee, of dalk 'n groen of rooi tee, en almal is bewus van die interessante posisie waarin regter Amy Coney Barrett haar bevind. Sy is immers deur die president met die hand uitgesoek om enige aansoek rakende die pas afgelope presidentsverkiesing in sy guns te probeer swaai. Dis nou saam met die ander twee Trump-aanstellings, regters Brett Kavanaugh en Neil Gorsuch...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.