Withuis-stryd: Nou wys die krake

TRUMP DIE MISLUKKING

Withuis-stryd: Nou wys die krake

Donald Trump is ‘the wrong man for the job', is die gevolgtrekking waartoe die ondersoekende joernalis en skrywer Bob Woodward, van Watergate-faam, kom in sy nuwe Trump-boek. Ondanks die opspraakwekkende onthullings in die boek en plofbare propagandamateriaal is Joe Biden se veldtog steeds maar bra flou, skryf ARRIE ROSSOUW.

MET minder as 50 dae oor voor die Amerikaanse presidentsverkiesing begin die krake wys. Om pres. Donald Trump se berugte Charlottesville-verklaring effe gewysig aan te haal: “There are good [cracks] on both sides”.

Laas naweek is onthul dat Michael Caputo, assistent-sekretaris van openbare dienste van die invloedryke Department of Health and Human Services (HHS), wat onder meer die publiek moet inlig oor die Covid-pandemie, die weeklikse gesaghebbende departementele verslag oor die stand van openbare gesondheid verander om in pas te wees met pres. Trump se politieke retoriek en misleidende openbare standpunte oor die erns van die pandemie. Die onthulling het gewys hoe Caputo probeer voorskryf aan die wetenskaplikes van die Center for Disease Control and Prevention (CDC) oor hoe hulle moet rapporteer oor die coronavirus.

Hoewel hy geen toepaslike kennis of ondervinding van openbare gesondheid het nie en voorheen vir Russiese politici en later aan Trump –eers as presidensiële kandidaat en toe as president – politieke raad gegee het, is hy in 2019 by HHS aangestel om die Trump-administrasie se “boodskap” in te dra en ’n ogie oor die wetenskaplikes (lees: “the deep state”) in die departement te hou...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.