’N AMERIKAANSE kennis vertel met groot oë vir my, wetende ek is ’n Suid-Afrikaanse expat, dat hulle finansiële direkteur by ’n groot Amerikaanse maatskappy nou die dag ’n ou, verslete Zimbabwiese 100-triljoen-dollarnoot op ’n bestuursvergadering rondgeswaai het met dié waarskuwing aan die oorblufte kollegas om die tafel: “Dís wat sosialisme aan ’n land doen. ’n Ou Zimbabwiese geldnoot soos dié (40 Amerikaanse sent werd) waarmee jy nie eens ’n brood kan koop nie. Is dit wat julle wil hê?!”
Genade. ’n Stem vir die Demokratiese presidentskandidaat, Joe Biden, en sy vise-presidentskandidaat, Kamala Harris, is ’n stem vir sosialisme? Die feit dat Biden pres. Donald Trump se massiewe belastingverligting aan die rykes wil terugvat en mense wat meer as $400 000 per jaar verdien swaarder gaan belas, is genoeg rede om weer vir Trump te stem en Amerika te red van ’n sosialistiese toekoms!
Of so wil Biden se kritici die kiesers laat glo...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.