Die sterk rand flous ons oor hoe diep in die moeilikheid SA is

RAND VAN DIE AFGROND

Die sterk rand flous ons oor hoe diep in die moeilikheid SA is

Die rand is lankal nie meer ’n ‘aandeelprys vir Suid-Afrika’ nie, maar veel eerder ’n barometer vir die wêreld se risiko-aptyt, skryf HUGO PIENAAR.

AS dit by vooruitskatting kom, is een van die grootste kopsere vir menige ekonoom en belegger om die toekomstige waarde van wisselkoerse te voorspel. Dit is des te meer die geval as dit kom by die ruilwaarde van die rand, een van die geldeenhede ter wêreld wat geneig is om die meeste van die een uiterste na die ander te bokspring.

Dit is veral die geval in tye van groot onsekerheid oor die vooruitsigte vir die wêreldekonomie. Die bewegings in die rand teenoor die Amerikaanse dollar in 2020 is ’n sprekende voorbeeld. Die sluitingswaarde van die rand op 31 Desember 2019 was net duskant R14/$. Te midde van ongekende belegger-onsekerheid oor die ekonomiese impak van die coronavirus het die rand teen einde April 2020 tot ’n rekord-laagtepunt van R19/$ verswak. Die geldeenheid het dus meer as ’n derde van sy waarde ingeboet oor ’n periode van slegs vier maande.

Dit was maar net die begin van die verhaal. Op die laaste verhandelingsdag van 2020 het die geldeenheid teen nagenoeg R14.70/$ verhandel. Dit beteken vanaf die swakste vlak van die jaar het die rand teen einde 2020 met ’n raps meer as 20% versterk. Vir die hele 2020 was die gemiddelde verhandelingsvlak van die rand teenoor die Amerikaanse dollar R2 swakker as in 2019. Hou ook in gedagte dat ondanks die wesenlike versterking in die tweede helfte van die jaar is die rand steeds swakker teen die dollar as einde 2019. Al die verlore veld in vroeg 2020 is dus nog nie teruggewen nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.