Met ’n fokus op simptome gaan SA nie die pyp rook nie

OORSAKE IS DIE KRUKS

Met ’n fokus op simptome gaan SA nie die pyp rook nie

Die verbod op tabak- en drankverkope het ’n verwoestende uitwerking op belasting- en salarisinkomste, die gasvryheidsbedryf, asook beleggings. Nou sê die ANC die party doen ’n dringende ondersoek oor die lewensvatbaarheid van ’n basiese inkomstetoelae. Dit is nog ’n voorbeeld van ’n vermorsing van tyd en hulpbronne op simptome eerder as die onderliggende probleem, skryf HUGO PIENAAR.

’N OORDREWE fokus op die simptome eerder as die werklike oorsaak van probleme is een van die redes waarom Suid-Afrika waarskynlik vir etlike jare met die nagevolge van die coronaviruspandemie gaan worstel.

’n Mens hoor soms die argument dat die regering gewoon te onnosel is om die werklike oplossings vir die probleme in Suid-Afrika te begryp of raak te sien. Dit is te simplisties, kru en in sommige gevalle rassisties om só te argumenteer. Indien dit wel die geval was, sou dit mos eenvoudig gewees het om beleidmakers van opinie te laat verander. Verskaf bloot die nodige nagevorsde bewyse en wetenskaplike inligting en die beleidmaker sal dan “verstaan” en dienooreenkomstig die aanbevele beleid toepas.

In die praktyk is die situasie meer kompleks. Daar is klaarblyklik iets meer diep gewortel hier ter sprake wat beteken selfs al is daar in regeringskringe begrip vir die onderliggende probleme, is daar gevestigde belange, ’n tekort aan politieke wil, of velerlei ander kwessies, wat maak dat die ooglopende oplossings nie prakties uitvoerbaar of polities aanvaarbaar is nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.