Ace en korrupsie: Dis soos jakkals wat sê hoendervang is uit die bose

MIN HOOP VIR CYRIL

Ace en korrupsie: Dis soos jakkals wat sê hoendervang is uit die bose

Vir solank as wat Ace Magashule die kitaar in die ANC slaan, is Cyril Ramaphosa se gemompel oor korrupsie soos ’n boom wat in die oerwoud val. Ramaphosa hoop nou sy skuif om die Zondo-kommissie se hulpbronne aan die strafregstelsel beskikbaar te maak, gaan die reëls van die spel verander – en dalk sy drome vir ’n tweede termyn red, skryf MAX DU PREEZ.

“MENSE het ’n jaar gelede gesê Cyril gaan die ANC red en die land verloor,” sê ’n ou kontak in die ANC-binnekring dié week vir my. “Nou begin dit al hoe meer lyk asof hy albei kan verloor.”

Dit was ’n betekenisvolle gesprek – hy het my gebel, nie ek vir hom nie. Dalk het hy gedink ek sou hom troos. Hy is die laaste ANC-leier wat ek gedink het vertroue in Ramaphosa sou verloor. En hy is nogal wanhopig. (Uit die aard van sy posisie kan ek nie sy identiteit bekend maak nie.)

“Ons [die Ramaphosa-kamp] was aan die begin van die jaar stewig in die saal, veral nadat die NUK [die ANC se nasionale uitvoerende komitee] Tito en die tesourie se dokument gerubberstempel het. Ses maande later is dit nie meer die geval nie. Ace loop rond asof hy die plaas besit...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.