Wat die afgraderings eintlik sê: Vergeet die mooipraatjies,...

WOORDE WEK, VOORBEELDE TREK

Wat die afgraderings eintlik sê: Vergeet die mooipraatjies, ons wil aksie sien!

Die onlangse kredietafgraderings het die onus op Suid-Afrika gesit om te bewys ons kan beter vaar, skryf HUGO PIENAAR

DIE kernboodskap wat die vernaamste kredietgraderingsagentskappe ’n week gelede aan Suid-Afrika gestuur het, is in ’n neutedop die volgende: Ons is nie meer bereid om julle die voordeel van die twyfel te gee nie. Ons het by die punt gekom waar dade nou belangriker as woorde is. Tot tyd en wyl die dade nie tot ’n verbetering in die ekonomiese prestasie lei nie, is ons nie bereid om die beoordeling van julle kredietwaardigheid te verhoog nie. Inteendeel, die negatiewe vooruitsigte wat Fitch en Moody’s op die reeds laer graderings gesit het, beteken daar is boonop ’n wesenlike risiko vir verdere afgraderings.

Uit gesprekke met internasionale beleggers en graderingsagentskappe oor die jare is my oorhoofse indruk dat al twee partye regtig wil hê Suid-Afrika moet voorspoedig wees en ook glo in die potensiaal wat hier is. Dis amper asof hulle kyk na ons moeilike verlede en dink sjoe, die land en sy mense verdien ’n blaaskans en ’n bietjie geluk.

’n Mens sien die sentiment ook by ander geleenthede uitspeel. Wie sal byvoorbeeld die woorde vergeet van prins Harry van Engeland na afloop van Suid-Afrika se uitmuntende oorwinning oor Engeland in die eindstryd van die 2019-Wêreldbeker-rugbytoernooi. Omring deur ons Springbok-helde het die prins in die Bok-kleedkamer gesê hy glo rugby het die vermoë om mense oor die wêreld heen te verenig en, nog belangriker, dat hy nie aan ’n nasie kan dink wat dit (om verenig te word) nou meer as Suid-Afrika nodig het nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.