OP die eerste oogopslag sou ’n mens sê die Suid-Afrikaanse sitrusbedryf, die plaaslike goudmynbedryf en die media- en IT-reus Naspers het min gemeen. Maar dié drie is voorbeelde (daar mag ook ander gevalle wees) van sektore of maatskappye wat in die huidige Covid-19-krisistyd relatief gesproke beter vaar.
Interessant, en belangrik, is om op te let hoe divers die voorbeelde is. Dit beklemtoon weer eens dat ’n gediversifiseerde ekonomie lande kan help om die ergste storms te trotseer.
Glo dit of nie, maar teen rondom R3,000 het die aandeelprys van Naspers sedert die begin van die jaar reeds met amper ’n derde in waarde toegeneem. Hoewel produksie erg geknou is weens die grendelstaat, het die winsgewendheid van Suid-Afrikaanse goudmaatskappye die hoogte in geskiet. Die winsbonanza is as gevolg van ’n rekord nominale goudprys van rondom $2,000 per fynons. Tesame met ’n rand-dollarwisselkoers wat nagenoeg 13% swakker is vergeleke met dieselfde tyd verlede jaar, het die inkomste (in rand) vir elke ons goud wat uit die grond gehaal word drasties gestyg...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.