R18,000 vir toiletpapier uit ’n ander provinsie, en ander ...

WEERMAGBESTEDING

R18,000 vir toiletpapier uit ’n ander provinsie, en ander bisarre Covid-aankope

Die magdom klein verskaffers en hul skielik verworwe “kundigheid” om persoonlike beskermingstoerusting (PPE) aan staatsdepartemente te kon lewer, is waarskynlik waar die grootste homp staatsgeld tydens die pandemie vir ewig verorber en verteer is. ERIKA GIBSON het net een departement – die weermag – se bestedingslyste tot dusver bekyk.

PRES. CYRIL RAMAPHOSA het vroeër vandeesmaand ses ministers afgevaardig om beheer te neem om die grootskaalse korrupsie in die regeringsaankope van persoonlike beskermingstoerusting (PPE) te ondersoek. Terselfdertyd het die Spesiale Ondersoek-eenheid (SOE) ook met skreeuende bande weggetrek om ten minste die bankrekeninge van verdagtes wat reeds deur die media oopgevlek is te bevries.

Die spesiale tribunaal wat in Februarie verlede jaar deur Ramaphosa ingestel is om staatskapingsake aan te hoor en geld van die skuldiges te herwin, sal volgens die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) ingespan word om seker te maak minstens die groot kontrakte se verdienstes word bevries totdat die ondersoeke afgehandel is.

Die ses ministers is Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste; Jackson Mthembu, minister in die presidensie; Tito Mboweni, minister van finansies; Bheki Cele, minister van polisie; Senzo Mchunu, minister van staatsdiens en administrasie, en Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van regeringsbestuur en tradisionele sake (Cogta)...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.