DIE laaste keer wat ek Jean Engelbrecht gesien het, was drie dekades gelede by 'n vurige studentevergadering op Stellenbosch. Die details is nou wasig, maar daar was 'n wedersydse uitjouery en ons was beslis nie aan dieselfde kant van die geveg nie. Vandag kan mens lag daaroor; die drif en drang van studentepolitiek het lankal vervaag en 30 jaar se water is onder die brug.
Daar is vandag min te bespeur van daardie rammetjie-uitnek studente-boykie van destyds. Jean Engelbrecht is nou 'n vooraanstaande wynboer en 'n sauve, gesofistikeerde (en hoogs suksesvolle) ambassadeur vir die Suid-Afrikaanse wynbedryf. Hy was die eerste Suid-Afrikaner wat 'n wyn op Wine Spectator se Top 100 Wines in the World gekry het, en sy restaurant op die familie se plaas, Rust en Vrede, het ook op San Pellegrino se Top 100 Restaurants of the World gaan draai.
Inspirasie in Amerika..
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Die Wind(e) van voor