Imtiaz Sooliman: die man wat géé, géé, géé

ONVOORWAARDELIKE HULP

Imtiaz Sooliman: die man wat géé, géé, géé

Gift of the Givers is die grootste rampreaksie-agentskap in Afrika. Van veldhospitale in Sirië tot droogtehulp in die Karoo – oor die wêreld heen help dié organisasie, wat vandeesmaand 28 jaar gelede gestig is, daar waar die nood druk. Nou weer is hulle aan die voorpunt in die stryd teen Covid-19. ANNELIESE BURGESS vertel meer oor die charismatiese mediese dokter wat Gift of the Givers op die been gebring het.

IMTIAZ SOOLIMAN het altyd 'n hand vol fone wat gelyk lui. Hy hou kop tussen hulle almal deur. Daar is 'n swetterjoel mense om hom wat spring soos wat hy opdragte gee, en nou met Covid-19 is hulle is so oorweldig dat hy 24/7 rondhol. Só vertel 'n kollega wat hom goed ken en al 'n hele paar keer saam met Gift of the Givers (GOTG) op hul sendings was.

Dat daar nie genoeg minute in die dag is vir alles wat aan sy kant moet gebeur nie, is duidelik uit sy en my heen-en-weer gewhatsapp. Byna twee maande lank probeer ons 'n tydjie kry om te gesels. 

“Very hectic day today... I have meeting with medical school in Durban and a whole range of lab technicians, virologists and professors, and several meetings with other people. Will see if I can fit something in."..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.