VIR ’n man wat in September volgende jaar 80 word, het Christo Wiese nog ’n redelike huppel in sy stap. Maar hy het min oor in sy portefeulje. Sedert hy net vier jaar gelede Suid-Afrika se rykste man was, raam Financial Mail dat die waarde van sy beleggings in JSE-genoteerde maatskappye met 93% gedaal het – ’n skaars denkbare R125 biljoen het verdwyn.
Sy belang in die beleggingsmaatskappy Brait, wat Virgin Active besit, het van R23.2 biljoen tot net meer as R1 biljoen gedaal, terwyl die maatskappy se aandeelprys met 97% gedaal het; die waarde van sy aandele in die nywerheidsmaatskappy Invicta het met meer as 80% tot R397 miljoen teruggesak; en sy besit in die eiendomsmaatskappy Tradehold is nou byna ’n derde van die R2.93 biljoen wat dit in 2016 was.
Selfs Wiese se prima belegging in Shoprite het met byna twee derdes gedaal tot R6.3 biljoen. Dié kleinhandelgroep se prys het intussen gehalveer namate Suid-Afrika se ekonomie verswak en winsgewende markte soos dié in Nigerië gespartel het, maar Wiese moes ook ’n gedeelte van sy belang verkoop om gate elders toe te stop...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.