ANC: ’n vark met lipstiffie aan bly ’n vark

DIE HOOP BESKAAM

ANC: ’n vark met lipstiffie aan bly ’n vark

Daar is groot krake in die ANC-damwal. Vingers in gate druk gaan nie meer werk nie. Die een of ander tyd gaan die wal breek. Die Covid-19-epidemie is dalk net die ANC se Waterloo, skryf MAX DU PREEZ.

EK dink nie ek het in al my jare as politieke joernalis so ’n dramatiese skuif in die nasionale bui in so ’n kort tyd soos in die laaste weke waargeneem nie.

Cyril Ramaphosa het waarskynlik verlede jaar die ANC van ’n verkiesingnederlaag gered. Hy was die teenpool van die korrupte, onbevoegde en kru Jacob Zuma. Miljoene Suid-Afrikaners, onder hulle ook dié wat die ANC nog nooit ondersteun het nie, het gehoop die regerende party gaan reggeruk word om die land van ondergang te help red.

Dit is nou oorvloediglik duidelik dit het nie en gaan nie gebeur nie. Nou is die vraag: Was dit in elk geval onmoontlik om die ANC te hervorm, of moet ons Ramaphosa en sy faksie se swak strategieë en/of sy gebrek aan waagmoed die skuld gee?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.